Philadelphia Internasionale Lughawe

Philadelphia Internasionale Lughawe
Philadelphia International Airport
Lugfoto van Philadelphia Internasionale Lughawe, Junie 2007
IATA: PHLICAO: KPHLFAA: PHL
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Philadelphia Lugvaartdepartement
Bedien Delaware Valley
Ligging Philadelphia, VSA
Geopen 1925
Spil vir
Tydsone Oos-Amerikaanse Tyd (
UTC-05:00)
Somer - dagligbesparing Oostelike Dagligtyd (
UTC-04:00)
Hoogte bo seevlak 36 vt / 11 m
Koördinate 39°52′19″N 075°14′28″W / 39.87194°N 75.24111°W / 39.87194; -75.24111
Webtuiste www.phl.org
Landkaart
FAA lughawediagram
FAA lughawediagram
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
8/26 5 001 1 524 Asfalt
9L/27R 9 500 2 896 Asfalt
9R/27L 12 000 3 658 Asfalt
17/35 6 500 1 981 Asfalt
Statistieke (2022)
Totale passasiers 25 242 133
Lugbewegings 284 141
Vrag (metrieke ton) 625 260
Bron: PHL lughawe[1] Federale Lugvaartadministrasie

Philadelphia Internasionale Lughawe (IATA: PHL, ICAO: KPHL, FAA LID: PHL) is die primêre lughawe wat Philadelphia, Pennsilvanië, bedien. Die lughawe het meer as 25 miljoen passasiers in die jaar 2022 bedien, wat dit die 21ste besigste lughawe in die Verenigde State maak. Die lughawe is 11 km vanaf die middestad en huisves 22 lugrederye wat byna 500 daaglikse vertrekke na meer as 130 bestemmings wêreldwyd bied.[2]

Philadelphia Internasionale Lughawe is die grootste lughawe wat die staat Pennsilvanië bedien.[3] Dit is die vyfde grootste spilpunt vir American Airlines en sy primêre spilpunt vir die Noordoostelike Verenigde State, sowel as sy primêre Europese en transatlantiese poort. Verder is die lughawe 'n plaaslike vragsentrum vir UPS Airlines en 'n fokusstad vir die ultra-laekostelugredery Frontier Airlines. Die lughawe bied diens aan stede in die Verenigde State, Kanada, die Karibiese Eilande, Latyns-Amerika, Europa en die Midde-Ooste. Vanaf die somer van 2019 is daar vlugte vanaf die lughawe na 140 bestemmings, 102 binnelandse en 38 internasionale bestemmings.

Philadelphia Internasionale Lughawe is 'n belangrike komponent van die ekonomieë van Philadelphia, die Delaware Valley-metropolitaanse streek en die Statebond van Pennsilvanië. Die Statebond se Lugvaartburo het in sy "Pennsylvania Air Service Monitor"-verslag in 2017 bevind dat PHL alleen verantwoordelik was vir $15,4 miljard se aktiwiteit met meer as 96 000 direkte en indirekte poste met $5,4 miljard in totale verdienste.[4] In Oktober 2022 het PHL 'n direkte verbinding met 'n Colonial Pipeline-brandstoftoevoer verkry.[5]

  1. "PHL Aviation Activity Report-December 2022" (PDF). phl.org. Besoek op 8 Februarie 2023.
  2. "About Us". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 24 Julie 2019.
  3. Airports Council International Geargiveer 8 Oktober 2006 op Wayback Machine Final statistics for 2005 traffic movements
  4. "Manta - The Place for Small Business". Manta.
  5. "Colonial Pipeline completes Philadelphia International Airport connection". PR Newswire. 14 Oktober 2022. Besoek op 31 Oktober 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search